Jeug

Daar is elke Vrydag kans vir Laerskool en Hoërskool kinders om meer van die Goeie Nuus van Jesus te leer terwyl hulle hope pret het.

Laerskool jeug (Graad R-7)

Vrydae aande 18:00-19:00

Ons het hope fun. Ons speel lekker speletjies, bak en brou, en ons leer meer van die Here. Jou verjaarsdag is ook vir ons belangrik. Kom join ons gratis met hope energie!

Hoërskool jeug (Gr 8-12)

Vrydae aande 18:00-21:00

Lekker snacks, epic games, en diep gesprekke oor die Woord van God. Dit is alles dinge wat jy sal kry by RBKerk se Hoërskool jeug. Ons is passievol oor dissipelskap, die evangelie, praktiese lering en natuurlik…fun! Al wat jy moet bring is jouself, en baie energie.

Daar is nie jeug in die skoolvakansies nie (maar daar is soms avonture tussen-in).