Ek is nuut
Kom ontdek die waarheid vers vir vers saam met ons. Mense is deesdae meer besorg oor hulle eie waarheid as dié waarheid. By RBKerk maak dié Waarheid saak. Dis nie onderhandelbaar nie.
Wat kan ek verwag as ek kerk toe kom op ‘n Sondag?
Jy kan verwag om ontmoet te word met ‘n glimlag en ‘n vriendelike handdruk. Ons streef daarna om ‘n Bybelse kerk te wees wat ook kontemporêr bly. Predikers preek so dat mense die waarheid van God se Woord kan verstaan en toepas.
Na elke diens kuier jonk en oud met ‘n gratis koppie koffie of tee en ‘n koekie of twee in die hand terwyl die kinders hulself vermaak op die klimraam, foosball tafel, ens.
En as jy onseker is oor enige iets, kan jy altyd enige vriendelike gesig by die kerk vra en ons help graag. Sien jou daar!

Dissipelland
08h45
Gesluit tydens skool vakansie

Oggenddiens
10h00

Aanddiens
18h00

Kleredrag
Party kom met ‘n kniebroek en plakkies terwyl ander kom met ‘n pak klere… solank jy kom. Kom soos jy is.
‘n Kinder-vriendelike atmosfeer
Ons glo Sondae se dienste is vir die kinders ook, daarom is dit vir ons super lekker om kinders saam met ons in die kerk te hê, lawaai en al. Ons gee vir elke kind (ook besoekers) ‘n Luister-en-Leer boekie waarin hulle ook besig kan wees in die diens. Daar is ook ‘n Moederskamer vir Mammas/Pappas met babas.



