Dissipelland

Vanaf 2 jaar tot en met 12 jaar

Ons as personeel by Dissipelland het ‘n hart vir kinders en dit is vir ons ‘n absolute voorreg om die Woord van die Here op die kinders se vlak vir hulle aan te bied.

By Dissipelland bou ons saam met ouers die fondasie van elke kind se lewe en probeer deur die Here se genade ‘n liefde vir Sy woord te kweek. Dit is wonderlik om deel te kan wees van die werk van die Here.

Kweek ‘n liefde
vir Sy Woord
Bly deel van
die gemeente
Leer Sy Woord
op kindervlak

Hoe werk dit?

Kinders is belangrik vir ons as gemeente en daarom begin Dissipelland voor die erediens en sluit daarna aan by die gemeente, waar hulle saam met die gemeente die Here aanbid deur sang, en te luister na die preek. Elke maatjie het sy/haar eie boekie wat hul dan in die kerk gebruik om lekker in te teken en preek notas te maak.

Ons begin Sondaeoggende 8h45 saam in klassie nommer 2. Nadat nuwe maatjies verwelkom is, verjaarsdae hanteer is en ons lekker saam gesing het verdeel ons op in 2 groepe: Juniors (2-7 jaar) en Seniors (8-12 jaar).

 

“Om met kinders te werk, is om elke dag iets nuuts te ontdek, en ook net weer bewus te wees van die absolute kinderlike geloof. Ons leer so baie saam ons maatjies.”

Wat gebeur tydens ons lessies?

In die Junior klassies mag Pappa en Mamma met die grootste liefde kom saam luister, want kerk is nie skool nie, ons wil hê elke maatjie moet dit geniet en veilig voel. Soms sit mamma so paar Sondae saam boetie of sussie, en later as hul meer gemaklik is sal boetie of sussie self wys as mamma nie meer nodig is nie en hul reg is om alleen klassie toe te kom.

Ons leer saam meer van God se Woord deur poppekas, prente, of selfs ‘n kort  slideshow.

Daarna doen ons ‘n lekker handaktiwiteit en natuurlik bak en brou ons ook so bietjie net om seker te maak die gaatjie in hul magie is mooi vol voor ons kerk toe gaan. In die Senior klas word dieselfde les as die Junior klas hanteer, maar net op die ouer maatjies se vlak.  Soms lees ons lekker saam uit die bybel of  doen die betrokke skrifgedeelte vir die dag in die vorm van ‘n toneel, kyk ‘n kort video en natuurlik ‘n handaktiwiteit. Die ouer maatjies kry ook so ietsie lekkers om hul hol kolletjie te vul.