Vroue wat omgee

Logo (Hi Res)

Die vroue-bediening van ons gemeente is 'n verlenging van die gemeente se omgee-bediening.  Verder is dit vir ons belangrik om die dames ook geestelik te versterk deur sprekers en byeenkomste te reël vir hierdie doel.  Ons kom sover moontlik op ‘n maandelikse basis byeen.

Ons gaan ook jaarliks op 'n kamp (retreat) waar ons die dames bederf met “tyd af”” van kosmaak en opruim  om net geestelik bedien te word

Die vroue is verder betrokke by praktiese dienswerk in die gemeente:

  1. Omgee en uitreik na ons Senior Burgers;
  2. Plasing van blomme in die kerk;
  3. Versorging van breekware, ens.
  4. Teebediening na die Sondag oggenddiens;
  5. Bediening van ‘n ete elke eerste Sondag van die maand;
  6. Verversings met begrafnisse;
  7. Bystand aan gesinne met etes wanneer ‘n mamma in die hospitaal of ernstig siek is.

Vanjaar is ons tema:  “NUUT”

Die datums van ons byeenkomste is:

  • 28 Januarie
  • 25 Februarie
  • 25 Maart
  • 22 April
  • 27 Mei – Senior Burger Funksie
  • 24 Junie
  • 29 Julie
  • 26 Augustus
  • 2 September JERUSALEM MARK
  • 13 – 15 Oktober – Dames Retreat
  • 25 November – Afsluiting

Betrokke raak

Alle vroue is welkom

Wanneer:

Dag: Saterdag - een keer per Maand

Tyd: 14:00 - 17:00

Waar:

gewoonlik by Rietfontein Baptiste Kerk
15de Laan 620
Rietfontein

Kontak:

Naam: Heloise van der Hoven

Tel: 082 330 2116

E-pos: heloise.vdhoven@absamail.co.za