Mannebediening

Die Mannebediening is ‘n geleentheid waar die manne, saam met hulle vriende en familie kan sielskos kry deur middel van spesiaal gereelde byeenkomste.

Die doel van die Mannebediening

Die doel van die Mannebediening is om manne op ‘n geestelike vlak te bedien en op te bou.  Ons leer mekaar ook ken op ‘n sosiale vlak en tydens ons byeenkomste, bespreek ons aktuele onderwerpe wat daarop gerig is om elke man, oud en jonk toe te rus vir die moderne tye waarin ons leef.

Alhoewel daar nie ‘n spesifieke tema vir die jaar is nie, word die onderwerp van bespreking gelos vir die spreker van die ontbyt.  Dit is wat die Mannebediening so interresant maak aangesien die tema gewoonlik ‘n verrassing is.

Die tema tydens die jaarlikse Mannekamp word wel bespreek en voorgelê aan die ouderlinge van die gemeente vir goedkeuring.

Hoogtepunt van die jaar

Die hoogtepunt van die Mannebediening is by ver die jaarlikse manne kamp wat in die Wildtuin gehou word.  Hier verloor ons onsself in die bos, weg van die gedruis en gejaag van die stad en word opnuut weer bewus van die grootheid van ons God en Vader.

Bymekaar kom

Daar is nie ‘n vasgestelde jaarprogram nie, dit hang af van die beskikbaarheid van die sprekers wat daar gereel word.  Daar word wel een keer per kwartaal ‘n manne ontbyt gereel en elke Vrydag oggend kom van die manne bymekaar om saam te bid by die kerk.

Betrokke raak

Indien iemand wil betrokke raak kan hulle Tjaart van Rensburg kontak

Kontak:

Naam: Tjaart van Rensburg

Tel: 061 445 7702

E-pos:  mannebediening@rbkerk.co.za