Dissipelland

By Dissipelland leer ons die kinders van Jesus in 'n kinderkerk opset.

Dissipelland word in 5 groepe ingedeel naamlik: Die Babas en Kleuters, Gr R en 1, Gr 2en 3, Gr 4 en 5 en Gr 6 en 7. Ons kom Sondae tydens die oggenddiens bymekaar. Die doel van hierdie opdeling is sodat elke kind bedien kan word op sy/haar vlak. Ons behandel verskillende temas deur die loop van die jaar en herhaal dan die temas in 'n twee jaar siklus. Ons streef daarna om die selfde onderwerp in al die klasse te behandel sodat almal in die gesin saam kan deel oor dit wat hulle geleer het.  Ons probeer ook om elke jaar 'n kamp te hou waar ons lekker speel en baljaar terwyl ons op 'n prettige manier ook meer leer van die Bybel en onse Wonderbare God.

Wie hou toesig

  • Babas en Kleuters         Chantelle Louw, Esna Bezuidenhoudt
  • Gr R en 1                        Heloïse van der Hoven, Janine van Niekerk
  • Gr 2 en 3                        Vakant( Heloïse staan in)
  • Gr 4 en 5                        Danie Cloete
  • Gr 6 en 7                        Danie Cloete

Betrokke raak

Indien iemand wil betrokke raak kan hulle Danie Cloete kontak by 084 619 5229 of dissipelland@rbkerk.co.za

Wanneer:

Dag: Sondae tydens erediens

Tyd: 10:00 tot 11:00

Kontak:

Naam: Danie Cloete

Tel: 084 619 5229

E-pos: dissipelland@rbkerk.co.za